Toe Parra hiervan uitvind, steek hy Estelle se sportmotor aan die brand en gaan kruip in die kerktoring weg waar hy deur Paul gered moet word. Paul trou met Estelle en die gemeente wil haar nie aanvaar nie. Hy sing Ave Maria in 'n Rooms Katolieke kerk en die gemeente is in vervoering. Uiteindelik vertrek hy en Estelle na Weenen waar die singende dominee deur middel van 'n kontak van Estelle in die operawêreld beland, maar nie voordat daar 'n intrige of twee is met 'n skelm agent en 'n slinkse adelike nie. Intussen is daar 'n ongeluk by die myn en Parra smeek Paul per brief om terug te kom huis toe.
Cast | Gé Korsten, Mitsi Stander, Pietie Meyer |
Director | Ivan Hall |
Formats | |
SA Distributor | Nu Metro |