Kersfees Program

Kersfees Program Dis Kersfees is 'n heerlike Kersprogram waar bekende kersmelodieë en gedigte met die verhale van 'n paar baie unike karakters, wat elkeen kersfees op 'n baie unieke manier vier, vermeng word. In die verhale en die kerslig en die musiek ontdek ons iets van die ware gees van Kersfees.

Die program word aangebied deur Doreen Morris en die kersliedere word gesing deur Hessel van der Walt (Dis Kersfees), Jan de Wet (O, die Vrolike), Anna Davel (Kyk hoe glinster die maan), Piet Smit (Hoor die Blye Englelied), Dozi (Stille Nag in Zulu), Natasha & Willie Joubert (Bethlehemster) en die Black Tie Ensemble sing die bekende Battle Hymn of the Republic.

Van die verhale wat vertel word is die van 'n man wat die afgelope twwe jaar Kersfees in antarktika gevier het, daar is die storie van die vrou wat elke jaar haar huis met 30,000 liggies versier, ons kyk hoe 'n Russiese ikoonskilder Kersfeees vier, ons kyk na kersbriefies van kinders en om te sien wat hulle regtig graag vir Kersfees begeer en ons besoek 'n kleuterskool vir arm kinders waar elke dag in die teken van Kersfees staan. Die gedig ''Maria'' van Elizabeth Eybers en die gebed van Franciskus van Assissi ''Here, maak my die instrument van U vrede'' word ook voorgedra.

Kersfees: Die mooiste verhaal: In hierdie baie spesiale program word die alombekende Kersverhaal op 'n uitsonderlike en nuwe manier vertel. Hierdie inheemse en hedendaagse Kersverhaal speel hom af op Suid-Afrikaanse bodem, en watter beter plek kan daar dan wees as ons eie Betlehem in die Vrystaat? Die verteller van die verhaal is Johann Symington, wat ook verantwoordelik was vir die teks. Dan is daar boonop 'n aantal bekende kunstenaars en groepe wat musikale bydraes lewer, want wat is 'n Kersverhaal sonder pragtige Kersmusiek. Kyk uit vir Alta Joubert as Maria en Disselblom soos wat hulle nog nooit vantevore gesien is nie!

all All Ages (Violence)

Credits

CastDoreen Morris, Hessel van der Walt, Jan de Wet, Anna Davel, Piet Smit, Natasha, Willie Joubert
Director
Formats DVD
SA DistributorNu Metro


Xax International logo
 Xax International
 2020
 All rights reserved.