![]() | ![]() | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Hoor My Lied
Die beroemde Suid-Afrikaanse sanger, Gé Korsten speel die hoofrol in hierdie roerende, half onwerklike verhaal van die mag wat musiek het om wondere te verrig. 'n Singende sjirurg, Dr David Retief en sy dogter, Marietjie is betrokke in 'n ernstige motorongeluk, waarna Marietjie verlam is. Haar pa se kopbeserings bring mee dat hy binne twee jaar blind sal wees.Lydia de Graaff, 'n verpleegster by die hospitaal waar Retief konsulteer, was deels verantwoordelik vir die ongeluk. Skuldgevoelens dryf haar om 'n steunpilaar te wees vir beide pa en dogter, en wanneer Retief hoor dat sy dogter gespesialiseerde hulp in die VSA nodig het, vergesel Lydia hulle na New York. Retief besef hier dat sy sig versleg, maar sy dogter baar groter sorg. Ten einde geld in te samel vir Marietjie se behandeling, begin Retief konserte gee. Gedurende een van die opvoerings staan Marietjie op en loop weer.
87 minutes, Parental Guidance
Bookmark this page or share it with others
Copyright © 1996 — 2012 Zero 2 Infinity
|
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||