![]() | ![]() | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Fiela se Kind
Die aangrypende verhaal van 'n bruin vrou se liefde vir haar wit optelkind. Fiela Komoetie se gelukkige gesinnetjie word wreed uitmekaar geskeur toe 'n magistraat bepaal dat haar wit ''hanskind'' — 'n seun wat sy vir die afgelope nege jaar soos haar eie grootgemaak het — aan sy regte ouers terugbesorg moet word. Maar is die Van Rooyens, armblankes wat hul kinders soos slegte honde behandel, werklik Benjamin se ouers? Of lê die geheim van sy afkoms in die see opgesluit? Twaalf jaar later besluit Benjamin, toe 'n volwasse man, om die waarheid uit te vind. Gegrond op Dalene Mathee se bekroonde roman.
105 minutes, No persons under 10 (Language, Violence, Prejudice)
Bookmark this page or share it with others
Copyright © 1996 — 2012 Zero 2 Infinity
|
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||